Vyftig dae tot Shavuot

Vandag (16 April 2022) is die eerste dag van die fees van ongesuurde brode. Dis ‘n sewe dae tydperk waar ons spesiale genade ontvang om ons harte te ondersoek en van geestelike suurdeeg ontslae te raak.

More is die eerste dag van die 7 weke periode (49 dae) tot by Pinkersfees (Shavuot), die vyftigste dag. Ons wil graag ingestel wees op daardie belangrike afspraak en ons harte voorberei en instel. Shavuot val hierdie jaar op Sondag, 5 Junie.

Vir die volgende 7 weke gaan ons elke dag ‘n Skrifgedeelte lees, bestudeer, memoriseer en oordink. Kom ons vra vir die Heilige Gees om die Skrifte vir ons nog dieper oop te breek sodat ons elkeen ‘n persoonlike openbaring kan onvang. Nog belangriker, dat ons op hierdie Skrifte sal reageer, ons lewe in lyn sal bring met God se orde sodat ons gereed kan wees vir die uitstorting van die Heilige Gees oor vyftig dae.

Lev 23:15-17  Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan die HERE bring. Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE. 

 

By die berg Sinai

Kom ons gaan kyk gou na die eerste Shavuot in die Bybel. Ons lees daarvan in Eksodus 19. Dit is hier waar die volk by die berg Sinai aangekom het en hulle moes heilig om hulle God te kon ontmoet. Die ontmoeting op die berg Sinai het ongeveer vyftig dae nadat die Israeliete uit Egipte getrek het, plaasgevind het. Hierdie heilige ontmoeting met die God van Abraham, Isak en Jakob, was ‘n skadubeeld van die uitstorting van die Heilige Gees, wat ook vyftig dae na die kruisiging van Jesus plaasgevind het.

Eks 19:16-18  En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. 

 

Heilig jouself

Die tweede keer wat die woord ‘heilig’ in die Bybel voorkom, is in hierdie hoofstuk en die konteks is die voorbereiding om die Here te ontmoet. Alles wat die Israeliete oorgekom het in die woestyn is voorbeelde vir ons. Daar is ongelooflik baie tipes en skadus in hulle reis wat op ons eie geestelike reis van toepassing is. As dit vir hulle nodig was om hulleself te heilig om die Here te ontmoet by Sinai, is dit ook vandag nodig vir ons om onsself voor te berei en te heilig vir die geestelike Sinai (Shavuot) ontmoeting.

 

Ons lees van hierdie vergelyking in Hebreërs 12:18-29.

Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie— want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word. En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. 

Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. 

Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. 

En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur. 

 

Ons tel 50 dae in opgewondenheid en afwagting

Ons het besluit om die laaste twee verse van hierdie Skrifgedeelte te gebruik vir ons vyftig-dae aftel. Daar is vyf woorde wat uitstaan, dinge wat ons moet doen omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het. Ons wil met harte wat geheilig en gereed is, ons God, wat ‘n verterende vuur is, ontmoet op Shavuot. Tydens daardie fees word twee gesuurde brode geoffer. Dis die enigste keer wat suurdeeg aan die Here geoffer mag word. Ons bring onsself – gebrekkig, onvolmaak, steeds in die proses om van al die suurdeeg ontslae te raak – as offer aan die Koning van die Eeue.

Die vyf woorde waarop ons gaan fokus:

  • Dankbaar (grace, gratitude)
  • Welbehaaglik (well pleasing and acceptable)
  • Dien (serve, pay homage, worship)
  • Eerbied (reverence)
  • Vrees

Vir elkeen van hierdie vyf woorde, het ons tien gedeeltes opgesoek. Dit tel dan op na 50 dae.

Heb 12:28-29 

Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur. 

In Engels, uit die Amplified vertaling, “ Therefore, since we receive a kingdom which cannot be shaken, let us show gratitude, and offer to God pleasing service and acceptable worship with reverence and awe; for our God is [indeed] a consuming fire.”

 

Mag elke een van ons persoonlik nader kom en nie soos die volk eerder ‘n tussenganger verkies nie. Die Here het direk met die volk gespreek, maar hulle was bang en het gekies dat iemand anders namens hulle moes hoor.

Eks 20:18-21  En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. 

Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was. 

 

“Here, gee ons genade om ook nader te kan gaan na die wolkedonderheid, daar waar U is. Ons wil onsself aan U offer as ‘n aanneemlike offer. Ons wil vanuit die Allerheiligste leef. Ons wil op die berg van die Here kan klim omdat ons rein hande en harte het. Ons wil nie op ‘n afstand bly staan nie. Trek ons nader asseblief Here. Nader na U heerlikheid, nader na U teenwoordigheid. Daar waar ons direk U stem kan hoor. Ons wil elkeen persoonlik nader kom. Ons wil U ken en deur U geken word. Amen”

 

50 Skrifgedeeltes vir 50 dae

1 17 Apr 1 Thess 5:18
2 18 Apr Ps 19:15
3 19 Apr Luk 2:37
4 20 Apr Ps 96:6-9
5 21 Apr Mal 4:2
6 22 Apr Kol 3:15
7 23 Apr 2 Kor 5:9
8 24 Apr Rom 14:17-18
9 25 Apr Ps 86:11-13
10 26 Apr Mat 10:28
11 27 Apr Ps 50:14
12 28 Apr Heb 13:20-21
13 29 Apr Rom 12:9-12
14 30 Apr Ps 104:33
15 1 Mei Spr 8:13
16 2 Mei Ps 50:23
17 3 Mei Eph 5:8-11
18 4 Mei Joh 12:24-26
19 5 Mei Jes 12:5
20 6 Mei Mal 1:6a
21 7 Mei Kol 3:16-17
22 8 Mei Spr 22:11
23 9 Mei Mat 6:24
24 10 Mei Jes 29:13-14
25 11 Mei Miga 6:9
26 12 Mei Luk 17:17-18
27 13 Mei Ps 119:108
28 14 Mei Ps 2:11-12
29 15 Mei Open 4:11
30 16 Mei Jer 32:40
31 17 Mei Ps 147:7
32 18 Mei Rom 8:5-8
33 19 Mei 1 Sam 12:24
34 20 Mei 1 Tim 1:17
35 21 Mei Jes 50:10
36 22 Mei Jon 2:9
37 23 Mei Kol 1:9-11
38 24 Mei Jos 24:14-15
39 25 Mei Joh 12:43
40 26 Mei Jes 8:13
41 27 Mei Ps 107:21-22
42 28 Mei Heb 11:6
43 29 Mei Deut 10:12-13
44 30 Mei Open 19:7
45 31 Mei Pred 12:13-14
46 1 Jun Ps 100:2-5
47 2 Jun Ps 147:10-11
48 3 Jun 1 Pet 4:11
49 4 Jun Spr 19:23
50 5 Jun Dan 3:17-18
css.php