Spade Reën se 2021 vrouekamp in Benoni.
April 2021.
120 Vroue – wat ‘n ongelooflike voorreg om die boodskap van Hooglied te kon deel.
Hierdie naweek sal seker altyd een van die hoogtepunte in ons lewe bly. Die diepte en erns van die werking van die Heilige Gees was iets wat nie vergeet word nie.
Elke Hoogliednaweek het sy eie tema en hierdie naweek was gekenmerk deur die woord: verhouding moet godsdiens verdryf. Ons kon die vrugte van die boom van trots bely. Saterdagaand se lofprysing sal my altyd by bly – “Then sings my soul, my saviour God to Thee, How great thou art”.
Baie dankie aan Alna Opperman en Angie Rossouw vir julle wonderlike reëlings. Dit was ‘n voorreg om saam met julle te kon werk.
Hier is so paar fotos van die naweek: