Substance (in Afrikaans)

16 Junie 2020 By Yolandie Mostert

(This blog is written in Afrikaans)

Die winter is hier – skielik en in volle swang. Hierdie week het ons iets gedoen wat my winter-hoogtepunt is – vuurmaak in die kaggel. Met ‘n lekker beker koffie in die hand, ‘n kniekombersie, my laptop en ‘n hele hoop hout – dis waar ek my dag deurgebring het.

Louis was besig om sy werkswinkel skoon te maak en so het al die afvalstukkies hout ook op die brandhout-hoop beland. Hier teen die einde van die dag, het die hoop hout begin klaar raak en die afvalstukkies was al wat oor was. Die meeste was sommer sulke dun stukkies gepersde hout.

Wanneer jy ‘n groot stomp brand, neem dit tyd om uit te brand. Die stomp gloei rooi en maak die hele vertrek warm. Maar nie hierdie klein, dun stukkies nie. Nee, hulle maak ‘n groot vertoning van massiewe vlamme en dan is hulle omtrent dadelik weer uitgebrand.

Heilige Gees begin toe met my praat oor SUBSTANCE in ons lewe. Die Ou Afrikaanse vertaling noem dit WORTEL.

Hoe diep is ons geestelike wortel? Brand ons warm vir ‘n tyd, vol vlamme, maar dan koel ons net so vinnig weer af?

Hierdie is so mooi definisie van ‘substance’ – “the real physical matter of which a person or thing consists and which has a tangible, solid presence”.

 

‘Substance’ is soos wat die definisie hierbo sê: dit waarvan ons regtig gemaak is. In my eie woorde – of soos harde hout wat oor tyd gegroei en gevorm het of soos fabriekgemaakte saamgeperste hout.

 

Jesus vertel van hierdie wortel (of substance) in Mattheus 13:20:

En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. 

 

Ons kan baie keer die ware kondisie van ons harte weggesteek agter groot vlamme. Solank ons vuurtjie net gestook word met gedurige kampe, konferensies, byeenkomste, nuwe leringe en ‘wow’-kerkdinge. Solank ons net die Here voordurend kan ‘ervaar’ en hoendervleis-oomblikke kan hê.

Ander kyk van buite na ons en sien groot ywer, diep woorde en goeie aksies. Maar die Vader kyk dieper en sien dat ons nie ‘substance’ het nie.

Dis dan, wanneer dinge bietjie moeilik raak en die lewe nie lyk soos ons perfekte prentjie nie, dat ons wortel se diepte ontbloot word.

 

Hoe reageer ons in hierdie moeilike tye? Is ons wortel as so diep soos Paulus sin, dat ons kan sê:

(Ek haal aan uit die Amplified Bybel)

And not only this, but [with joy] let us exult in our sufferings and rejoice in our hardships,

knowing that hardship (distress, pressure, trouble) produces patient endurance; 

and endurance, proven character (spiritual maturity);

and proven character, hope and confident assurance [of eternal salvation]. (Rom 5:3-4) 

 

Paulus sê vir ons dat moeilike omstandighede op ons pad gaan kom. Dis nodig want die Here wil nie hê ons moet net vir ‘n tyd wees nie. Ons moet soos harde hout wees, wat lank kan brand en hitte bring.

Om soos harde hout te wees, het ons geduldige uithouvermoë nodig (“patient endurance”).

En wanneer ons uithou vermoë geleer het, dan bereik ons geestelike volwassenheid (“spiritual maturity”).

 

In Hoogliedtaal – dis wanneer ons soos die meise kan sê in hoofstuk 8:10: “Ek is ‘n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.”

 

SHALOM!

css.php