Senekal Hooglied Konferensie (Maart 2023)

Ons het sopas terug gekeer vanaf ‘n ‘n wonderlike naweek in die Vrystaatse dorpie, Senekal. Ons harte loop oor van dankbaarheid wanneer ons na die gasvryheid en hartlikheid van die liggaam van Christus daar kyk.

Ek kan nie help om die vers in Hooglied te onthou nie: ‘n duisend sikkels silwer vir U – my beste vir die Allerhoogste.

Die naweek het uit 5 sessies bestaan. Saterdag, 4 sessies en die laaste gedeelte Sondagoggend.

Die Heilige Gees het die tema van die naweek gegee:

Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie. (Hgl 4:7) 

Hierdie mooi kompliment kom nie omdat ons in ‘n plek van prestasie of werke is nie, maar omdat die bruid van Jesus gereelde besoeke by die mirreberg en wierookheuwel aflê. Daar waar ons met die kruis assosieer en onsself as ‘n aanbiddingsoffer bring.

Hierdie skildery (Myself, as offer) was spesiaal geskilder vir die Senekal Hoogliednaweek. ‘n Meer volledige boodskap met die naam: Oppad na die wierookheuwel kan gelees word deur op hierdie skakel te kliek.

Baie dankie aan Jan en Marlene Blignaut en hulle span vir die uitnodiging en al die moeite wat julle ingesit het. Die saal was so stylvol en pragtig opgemaak en het herinner aan die bruilof van die Lam. Nadat ons gevoed was met geestelike spyse kon ons gaan aansit en heerlik smul aan die etes wat Senekal se dames vir ons voorberei het.

css.php