Profetiese mark – Witrivier

Die profetiese mark het plaasgevind in November 2022 op ‘n pragtige venue in Witrivier. Die saal was propvol mans en vroue en die groot vensters het uitgekyk op ‘n dam. Sagte misreën het buite geval terwyl ons harte verwarm was deur woord, musiek, kuns, geestelike produkte en lering.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tydens hierdie geleentheid het ek die voorreg gehad om ‘n gedeelte uit Hooglied te deel waarvoor daar nie gewoonlik tyd is in die naweek konferensies nie.

In die middel van ‘n Getsemané seisoen, soek die bruid haar Koning. Nie om te vra hoekom sulke dinge met haar gebeur het nie. Ook nie om te verwyt en te kla nie. Haar hart is om haar liefde vir Hom uit te stort.

Die dogters van Jerusalem vra haar waarom haar Beminde so spesiaal is vir haar en sy trek los met ‘n lewendige en persoonlike getuienis. Haar getuienis is so kragtig dat hulle Hom ook saam met haar wil soek.

Elkeen van haar beskrywings is gelaai met diep betekenis wat vir ons ‘n prentjie gee van wie die Koning is. Sommige sien Hom as net liefde en ander as net geregtigheid, maar daar is soveel fasette. Hy is getrou aan Sy volle karakter en offer nooit die een faset vir die ander faset op nie.

Deur die leiding van die Heilige Gees, kon ek die woorde van hierdie liedjie skryf om aan te pas by die tema van die woord. Oom Wouter Janse van Rensburg het die agtergrondmusiek en kitaarbegeleiding hanteer. Ek is dankbaar vir die voorreg om saam met hom die lied te kon sing.

Ek deel graag die woorde:

Wie is jou beminde?

Wie’s die Een van wie jy so getuig

Wat jou woorde kragtig dryf?

Wie’s die Een wat nou ook ons hart raak

Met honger om Hom nou ook te ken?

Nader, dieper wil ons Hom ook soek

Hy wat deur jou lewe skyn

Vrede, Vreugde en Geregtigheid

Dis waarvoor Jerusalem dogters pleit

Beminde, Vriend, Vors en die Bruidegom

Daar is nog soveer meer te sê

Die Koning, Regter en die Heilige

Kadosh, Kadosh – dis wie Hy is

Hoor tog dogters, luister haastig gou

Die uurglas hardloop vinnig leeg

Hy roep jou ook, die tyd is nou

Lê jou lewe voor Hom neer

Daar’s nog soveel om van Hom te sê

Lam van God en ook die Leeu

Brul in ywer en buig in krag

Die Waarheid, Lewe, Lig en Mag

Heerser, Skepper, Regter, Vredevors

Jesus, Waardig, Wreker, Heil van God

Yeshua, hoop en kans vir elke mens

Ek wens dat elkeen Hom mag ken

 

Soet vervulling, Vrede, Ewige

Net Hy kan lewe vir jou gee

Dis die Een aan wie my hart behoort

My Vriend, Beminde en my Heer

 

css.php