Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. (Matt 10:31)
Saam met voltydse bediening, kom nuwe lesse en uitdagings. Hy is ons bron en ons moet leer hoe die Koninkryk se voorsiening werk.
Hierdie skildery is ‘n herinnering dat ons ‘n goeie Vader het wat weet wat ons nodig het nog voordat ons daarvoor vra. Hy het goeie gedagtes oor ons. En Hy sorg vir ons. Ons kan Hom gerus vertrou en in Sy rus ingaan. Ook wat finansies betref.
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (Matt 6:33)
Ons het slegs een fokuspunt nodig: Sy koninkryk en Sy geregtigheid. Wanneer dit die middelpunt van ons energie, tyd en prioriteite is, sal die res outomaties volg.
Yolandie Mostert
2023