Konferensie beskrywing

Geestelike volwassenheid met Hooglied – dis in ‘n neutedop waaroor ons seminare en konferensies gaan. Hierdie Skrif is een wat ons baie naby aan die hart lê. Dis ons doelwit en waarna ons streef – om in die beeld van ons Koning-Messias te groei.

totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus (Ef 4:13)  

 

Die meeste gelowiges vind Hooglied vreemd en onverstaanbaar. Dit hoef nie so te wees nie.  Hooglied is nie net ‘n romantiese storie nie, dis prakties en relevant vir vandag. Net soos twee jong verliefdes in kodetaal liefdesbriewe aan mekaar skryf, het die Bruidegom, Jesus Christus, ‘n liefdesbrief aan sy bruid geskryf – ook in kodetaal. Ons wil graag die sleutels in jou hand plaas om self die brief te kan ontsyfer.

Die Bybelboek Hooglied is in ‘n groot mate geromantiseer tot op ‘n punt waar slegs ‘n klein groepie dit verstaan. Ons harte is om dit prakties te verduidelik, so dat elkeen dit kan verstaan en toepas. Elke seisoen van ons geestelike groei is opgesluit in die simboliek van Hooglied. Dis so belangrik om hierdie boek prakties te verstaan. Hooglied is verseker nie net vir vrouens of jong meisies wat op trou staan nie. Die tema van die naweek is ons almal, mans en vrouens se groei na geestelike volwassenheid.

Hooglied begin met ‘n jongmeisie se uitroep na meer, na dieper en na nader.  Hierdie meisie verteenwoordig elkeen van ons wat ‘n begeerte het om nie net ván God te weet nie, maar om Hóm te ken. Hierdie uitroep bring ons op die pad na geestelike volwassenheid – daar waar ons kan groei tot die volle maat van Christus.

Ons kan jou belowe: dit gaan nie ‘n vervelige naweek van teorie wees nie. Uit ervaring en terugvoering kan ons eerlik sê: die aanbieding is lewendig, dis nie net ‘n klomp teorie nie. Ons maak dit prakties met getuienisse van dit wat ons self geproe het. Tussen die aanbiedinge sing en aanbid ons saam. Hierdie naweek is lewensveranderend en bewerk ‘n verskuiwing in die gees.

 

Hierdie dokument beskryf alles rakende ons konferensies en seminare. Wat ons benodig, hoe dit werk, ons onkostes en naweekprogramme:

Lighuis Hoogliedkonferensie info (Jan23)

 

Hier is ‘n skakel na kort video waar ek (Yolandie) verduidelik waar ons pad met Hooglied begin het en wat die konferensies behels:

css.php