Deur Yolandie Mostert (Julie 2023)
Sy hande is ronde stawe van goud, ingevul met chrisoliet (Hgl 5:14a)
Ek wil graag vandag se boodskap begin met hierdie gedeelte in Johannes 1. Dis vir my een van die mooiste beskrywings van wie Jesus Christus is. Wanneer ek hierdie gedeelte lees, vul dit my gees met net nog meer bewondering vir ons Bruidegom Koning. Hy is wonderlik en daar is werklik niemand soos Hy nie. Ek lees uit die Amplified vertaling.
In the beginning [before all time] was the Word (Christ), and the Word was with God, and the Word was God Himself. He was [continually existing] in the beginning [co-eternally] with God. All things were made and came into existence through Him; and without Him not even one thing was made that has come into being. In Him was life [and the power to bestow life], and the life was the Light of men. (Joh 1:1-4)
In Afrikaans:
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (Joh 1:1-4)
YHVH Elohim, meervoud, was betrokke by die skepping. Toe die aarde nog geen vorm gehad het nie en tyd, afstand en ruimte nog nie bestaan het nie, was die Gees van die Here daar. Jesus was ook daar – Sy Naam is die WOORD. Alles is deur die WOORD geskep. Nie een ding het begin bestaan wat die WOORD nie in die lewe geroep het nie. In Hom is alle krag gesetel om lewe te gee. Hierdie lewe in Hom is die Lig van die mense.
Die hande in Hooglied verwys na die handewerk van Jesus Christus. Sy handewerk is perfek, stawe goud, versierd met chrisoliet. Chrisoliet is ‘n geel-groen edelgesteente wat die stam van Aser op die borsplaat van Aäron verteenwoordig het.
Dit wat in die Vader se hart was, het in bestaan gekom deur middel van die WOORD, Jesus Christus.
… God wat alles geskape het deur Jesus Christus (Ef 3:9b)
Wanneer ons na alles kyk wat die Here gemaak het, behoort dit ons met verwondering te vul. Van die kleinste organisme tot die grootste sterrestelsel, die prosesse van ontkiem en groei tot vrugbaarheid, die inter-afhanklikheid van organismes vir ‘n gesonde ekosisteem, die omvangrykheid van die geestesrealm en die ongelooflike detail en kreatiwiteit van die fisiese realm. In elke geskape ding het Hy sy krag, wysheid en verstand vasgelê.
Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand (Jer 51:15)
U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape. (Open 4:11)
Net soos wat ons iemand se persoonlikheid kan sien in hulle handewerk, so werk dit ook met ons Koning. Wanneer ons ingestel is en begin oplet, sal ons kan agterkom wat vir Hom belangrik is, waarvan Hy hou en wat vir Hom mooi is. Dis tog die begeerte van enige geliefde om deur en deur geken te mag word. Die bruid van Jesus Christus moet tog ook haar Bruidegom ken. Hoe anders sal sy kan meëwerk sodat Sy Koninkryk kan kom en Sy wil geskied. Hy openbaar Homself op soveel verskillende manier aan die mens; niemand sal kan sê hulle het nie geweet nie.
For ever since the creation of the world His invisible attributes, His eternal power and divine nature, have been clearly seen, being understood through His workmanship [all His creation, the wonderful things that He has made], so that they [who fail to believe and trust in Him] are without excuse and without defense. (Rom 1:20 AMP)
Dis so jammer dat so baie mense die wonderlikheid van die skepping sien, maar eerder die aarde as ‘n god aanbid as om eer te gee aan die Een wat alles gemaak het. Daar is hoeveel mense wat natuur en mediesverwante beroepe beoefen en elke dag die sigbare bewyse van die Here se krag, wysheid en verstand sien, en kies om hierdie heerlikheid toe te skryf aan allerhande teorieë. Dis ook wanneer ons terme hoor soos ‘moeder aarde’. Daar is nie so ding nie; ons moet maar versigtig wees hoe ons praat. Ons kan so maklik ‘n ding sê omdat almal dit sê of omdat dit oulik klink en dalk nie besef dat ons eer aan ‘n geskape ding gee in plaas van die Skepper nie.
Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen—want ag, hoe is my Naam ontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie. (Jes 48:11)
Paulus gaan verder in Romeine 1:21
For even though they knew God [as the Creator], they did not honor Him as God or give thanks [for His wondrous creation].
En dan verduidelik hy dat die totale verval wat ons in die mensdom sien, die resultaat hiervan is. Op hierdie noot wil ek sommer praat oor dit wat op hierdie stadium baie sterk gedryf word deur die koninkryk van duisternis. Die bose agenda om die geslag en seksualiteit van mense af te breek is ‘n direkte aanval teen die beeld van die Here.
Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is. (Gen 5:1-2)
Moenie op die kantlyn staan en probeer politites korrek wees nie. Daar is reg of verkeerd. Daar is die koninkryk van Lig of die koninkryk van duisternis. Die grys tussen in behoort aan die koninkryk van duisternis.
And since they did not see fit to acknowledge God or consider Him worth knowing [as their Creator], God gave them over to a depraved mind, to do things which are improper and repulsive, until they were filled (permeated, saturated) with every kind of unrighteousness, wickedness, greed, evil; full of envy, murder, strife, deceit, malice and mean-spiritedness. They are gossips [spreading rumors], slanderers, haters of God, insolent, arrogant, boastful, inventors [of new forms] of evil, disobedient and disrespectful to parents, without understanding, untrustworthy, unloving, unmerciful [without pity]. Although they know God’s righteous decree and His judgment, that those who do such things deserve death, yet they not only do them, but they even [enthusiastically] approve and tolerate others who practice them. (Rom 1:28-32)
Terug by die wonderlikheid van Jesus Christus, die WOORD, deur wie alles geskape is. Net om Sy Naam – DIE WOORD – te tik, vul my met aanbidding. Mag dit vir jou wat lees en luister oor so wees. Ons vind hierdie pragtige gedeelte in Jesaja 45. Hy is die Een wat lig vorm soos wat ‘n pottebakker ‘n kleipot vorm. Hy is ook die Een wat duisternis skep. Hy bring vrede in vervulling. Maar Hy is ook die Een wat onheil, straf en rampe skep. Waarom? Die mens is mos vinnig om te vra: ‘hoekom sal ‘n God van liefde rampe skep?’. Alle dinge is Sy knegte (Ps 119:91) en wanneer die Here se oordele op die aarde is, dán leer die mens wat geregtigheid is (Jes 26:9). Hy is die Een wat verlossing en geregtigheid laat voortkom; Hy is ook die Skepper daarvan.
wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape. (Jes 45:7-8)
Ek wil vir ‘n oomblik stilstaan by die oorsponklike bloudruk, die droom van die Here vir die aarde en die mensdom. Adam en Eva in die tuin van Eden. Hulle het in die fisiese realm gewoon en gewerk en was medewerkers om in daardie realm die Here se hart in vervulling te bring. As ‘n voorbeeld: Adam het die diere die name gegee soos wat hulle genoem moes word. Dit was reeds in sy hart geplaas deur die Skepper en as gevolg van sy ononderbroke vriendskap met die Here, kon hy effektief wees. Hulle het ook in die geestelike realm gewoon en daarom kon hulle elke dag direk met die Here kommunikeer. Onthou, daar was nog nie skeiding gemaak tussen siel en gees nie (Heb 4:12). Die skeiding het eers na die sondeval gekom.
Die era waarin ons huidiglik leef is baie ver verwyderd van daardie eerste plan. Maar ons is ook baie naby aan die afsluiting van hierdie era, of eeu soos die Bybel dit noem. Die meeste gelowiges leef maar net en is nie eers bewus van die Here se tye en seisoene nie. Vir hulle is dit geboorte, grootword, opvoeding, werk, bates versamel, pensioen en dood. Baie ander verwag die wederkoms, maar het geen verwagting vir na dit nie. Party dink weer hulle gaan weggeraap word voordat enige onheil die aarde tref alhoewel die Bybel nie so ‘n belofte maak nie. Maar dis ‘n onderwerp vir ‘n ander dag.
Maar daar is ‘n klein groepie wat verder kyk. Alles gaan nie ophou bestaan wanneer Jesus terugkom en dan is dit ‘happy ever after’ in die hemel nie. Daar lê ‘n volgende eeu voor – die duisend jaar van vrede. Hierdie tydperk is amper soos ‘n oorgangsperiode voor die ewigheid. Dis wanneer Jesus fisies op aarde as Koning gaan regeer saam met Sy bruid. Nie elke gelowige nie; Sy bruid. Jesaja 65 gee vir ons so ‘n klein kykie in daardie eeu. Daar is natuurlik heelwat ander profesieë ook wat jy vir jouself kan navors. Hierdie duisend jaar van vrede maak my so opgewonde. Ons Koning se reg, orde, geregtigheid en weë gaan seëvier op aarde. Nie al hierdie swak mensgemaakte stelsels en regerings nie.
Die Bruidegom wil Sy hart en Sy drome aan Sy bruid openbaar. Bid vir ‘n hart wat Syne kan hoor en voel. Hoe anders gaan ons as regeerders Sy koninkryk op aarde kan implementeer?
Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees. (Jes 65:17-18)
Die Here het nie net in Genesis geskep en toe is dit klaar nie. Hy skep steeds. Alles kom steeds tot stand deur die WOORD – Jesus Christus, Yeshua HaMashiach, ons Koning, Bruidegom, die Lig en die Lewe. Die bruid van die WOORD, het nodig om gees, siel en liggaam in lyn te kom met Sy eienskap as Skepper sodat sy Sy hart vir Sy skepping op aarde kan demonstreer.
Ek wil graag iets kortliks op hierdie punt noem. Dit bly op my hart, so ek glo die Heilige Gees sal lei vir meer in diepte boodskappe in die toekoms. ‘n Paar jaar gelede het daar ‘n groter bewustheid gekom oor die siel van die mens. Ons kon genesing van die impak van trauma en gebondenheid op sielsvlak sien gebeur. Later het, eintlik heel onlangs, die klem begin skuif na geesvlak. Al hoe meer mense begin praat oor die gewondheid van die gees van die mens. Diep innerlike genesing vind nou plaas op die siel en gees van die bruid. Dis nodig sodat ons sonder vlek of rimpel kan wees. Maar ons kan nie daar stop nie. Die Heilige Gees begin ook al hoe meer en meer Sy hart openbaar vir ons liggame en om in lyn met God se skeppingsplan te begin leef. Suiwer, gesond en vry van chemikalieë, gifstowwe en verslawings. Eetgewoontes wat onderwerp is aan Sy wil. Die bruid moet voorloop en die Skepper se weë aan die mensdom demonstreer. Die bruid van Christus mag nie deur haar vlees en haar maag beheer word nie. Slegs die Gees van die Lewende God mag haar regeer. Ek begin ook agterkom hoe die Here ons verder begin lei na Sy oorspronklike plan vir die aarde. Sy manier van plant en Sy hart vir vrugbaarheid. Mag Hy ons verder in Sy wysheid lei.
En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. (Joh 17:5)
Ek wil hierdie boodskap afsluit met twee Skeppings proklamasies. Vader, mag dit so wees en mag dit spoedig in vervulling kom!
Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ‘n waterplas maak en die dor land waterbronne. Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal; sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het. (Jes 41:18-20)
Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. (Jes 43:6-8)
Skakels
Om na die inleiding te luister asook die Woord deur die Heilige Gees rakende hierdie reeds, kliek hier.
Die audio weergawe van hierdie boodskap is beskikbaar op ons telegram kanaal: https://t.me/+1hYU7h46Jj1hZDc8
Deel 1 – Wie is die Bruidegom (agtergrond)
Deel 2 – Wie is jou beminde?
Deel 3 – Hy is my Beminde
Deel 4 – Hy is Lig
Deel 5 – Hy is Heilig
Deel 6 – Hy is die Krygsman en Wreker
Deel 7 – Hy is die Oorwinnaar
Deel 8 – Hy is die Hoof
Deel 9 – Hy is die Afgesonderde
Deel 10 – Hy is Onveranderlik
Deel 11 – Hy is die Yweraar
Deel 12 – Hy is die Regter
Deel 13 – Hy is Liefde
Deel 14 – Hy is die Onpeilbare
Deel 15 – Hy is die Hoëpriester