12 Junie 2021 – Padkos Café in Ohrigstad
Hierdie was ‘n heerlike vrouedag – ons eerste een-dag Hooglied seminaar. Dit was nogal ‘n uitdaging om die alles ingepas te kry. Wat los mens uit? ‘n Naweek is reeds so kort. Ek prys die Here vir Sy leiding en wysheid.
Baie dankie aan Alta, Melissa en Linda vir hulle reëlings.
Ohrigstad is yskoud in die winter. Dit was regtig ‘n bitterkoue dag. Ten spyte daarvan was ons harte vuurvarm van liefde vir ons Bruidegom-Koning.
Alhoewel die program met elke Hooglied-dag of naweek min of meer dieselfde lyk, is die tema en fokus nooit dieselfde nie. Elke geleentheid is uniek en die Heilige Gees het ‘n spesiale boodskap vir daardie spesifieke groep mense wat bywoon.
Hierdie naweek se tema-vers was:
Hgl 2:10-11
My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.