His banner over me is love

2 February 2020 by Yolandie Mostert

(Scroll down for the message in Afrikaans)

ENGLISH:

Do you realise that there is a banner over you?  It is My love that encloses you.  When you stay within My love, you will remain under the banner.  Under the banner, you will find My favour, My protection and My control.

How do stay in My love?

By keeping my commandments.  By walking in obedience to My Spirit and My Word.  What are my commandments?  It is not a list of rules and laws.  No, it is written on your heart and I teach you my commandments step by step through by Spirit.

How does the banner look?

The banner is red – it the Blood of My Son.  The banner is also white – it is holiness.  Holiness and the the Blood are your most powerful weapons.

My children, my children, I love you so much.  I only have good thoughts towards you.  My plan for you is life and prosperity.  I want you to walk daily in divine peace with Me.  Only then, will you find the happiness that the world is longing for.  Happiness lies in divine peace and divine peace lies within Me.

Stay under the banner.  Stay and grow in love for Me and for one another.  Let the love and the peace of Jesus Christ rule in your hearts.

Go and read 1 Corinthians 13 again. 

It shows you exactly what love looks like.  It is a plumb line.  Measure yourself against My Word.

Where do stand in My love?

Without love, everything that you do, achieve and own spiritually, is worth nothing.

What does the love in 1 Corinthians 13 look like?

  • Patient
  • Kind, friendly and thoughtful (with everyone)
  • Not jealous or envious
  • Does not brag
  • Not proud or arrogant
  • Not rude, selfish or overly sensitive and easily angered
  • Not self-seeking (firstly seeking the Kingdom of God)
  • Keeps no record of wrongs (not only physical revenge, but also saying: what goes around, comes around)
  • Doesn’t gloat over other people’s sins and bondages
  • Takes delight in the truth

 


AFRIKAANS:

Weet julle dat Ek ‘n vaandel oor julle getrek het.  My liefde sluit julle in.  As julle in My liefde bly, bly julle onder die vaandel.  Onder die vaandel is My guns, My beskerming en My beheer.

Hoe bly julle in My liefde?

Deur My gebooie te hou.  Deur in gehoorsaamheid aan My Heilige Gees en My Woord te wandel.  Wat is My gebooie?  Dis nie ‘n lys van reëls en wette nie.  Nee, dis wat Ek in jou hart geskryf het en wat Ek jou tree vir tree leer deur My Gees.

Hoe lyk hierdie vaandel?

Die vaandel is rooi – dis My Seun se Bloed.  Die vaandel is wit – dis die heiligheid.  Heiligheid en die Bloed is julle kragtigste wapens.

Kinders, kinders, hoe lief het Ek julle nie.  My gedagtes oor julle is net goed.  My plan vir julle is lewe en voorspoed.  Ek wil hê dat julle in Goddelike vrede daagliks met My moet wandel.  Dan slegs, sal julle die geluk hê waarna die wêreld so soek.  Geluk lê in Goddelike vrede en dit lê in My.

Bly onder hierdie vaandel.  Bly en groei in liefde vir My en vir mekaar.  Laat die liefde en vrede van Jesus Christus in julle harte heers.

Gaan lees weer 1 Korinitiërs 13. 

Dit wys jou presies hoe die liefde lyk.  Dis ‘n meetsnoer.  Meet jou teen My Woord – waar staan jy in die liefde?

Sonder liefde, is alles wat jy geestelik doen, bereik en besit, nutteloos.

Hoe lyk die liefde in 1 Korinitiërs 13:

  • Lankmoedig (geduldig)
  • Vriendelik (met almal)
  • Nie jaloers nie
  •  Praat nie groot nie (‘brag’ nie)
  • Nie opgeblase nie (trots en arrogant)
  • Nie onwelvoeglik nie (ongeskik, selfsugtig, sarkasties)
  • Soek nie eie belange nie (soek eers God se koninkryk)
  • Word nie verbitterd nie (vergewe vinnig)
  • Reken nie kwaad toe nie (nie net fisiese wraak nie, maar sê ook nie, die wiel gaan draai nie)
  • Nie bly oor ongeregtigheid nie (verlekker nie in ander se sonde en gebondenheid nie)
  • Bly saam met die waarheid (vind jou vreugde in die waarheid)
css.php