Feasting on the Lamb (Afrikaans)

Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (Joh 1:29)

 

Ek wil graag bietjie stilstaan by die pasga-ete terwyl ons hierdie tydperk van die maand Nisan ingaan. Vrydag het die nuwe geestelike jaar begin en oor twee weke is dit Pasga.

Ons gaan ‘n nuwe geestelike seisoen in – ons begin om ‘n nuwe tydperk in te beweeg en ons het nodig om onsself geestelike voor te berei en in lyn te kry. Ons het nodig om onsself geestelik en ook fisies voor te berei vir die opkomende feesdae – sodat ons nie uitmis uit die geestelike seëninge nie.

Daar is nie ‘n lekker manier in Afrikaans om te sê “Feasting on the Lamb” nie. Ons kan sê ons voed op die Lam of ons eet die Lam”. ‘n Direkte vertaling sal wees: ‘ons vier fees op die Lam’. Die Engels sê dit maar net so mooi – “feasting on the Lamb – the Lamb of God who takes away the sin of the world”.

Hierdie is nie ‘n verduideliking van die vervulling van die feeste nie. Ek wil bietjie diepter kyk na die Pasga-ete met die fokus op Jesus Christus en hoe ons vanaf Hom leef, op Hom voed en hoe Hy die begin en die einde van ons geestelike bestaan is. Hy hou alles bemekaar en alles is en uit Hom. Ons lewe is in en deur Hom.

 

Die Pasga = (is gelyk aan)  Jesus Christus.

Jesus Christus is die die Pasga Lam. Hy is ook die hele pasga ete. Jesus is die vervulling van die fees en die ete. Alles gaan oor Hom. Elke jaar wanneer die Jode die Pasga geëet het tot op die kruisiging, het hulle vooruit gewys na Jesus toe. Toe Jesus die Verbondsmaal ingestel het wat op die vervulling van die pasga dui, wys dit steeds na Jesus toe.

For Christ our Passover Lamb has been sacrificed. (1 Kor 5:7)

  • Jesus is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem
  • Hy is die ongesuurde brood – die liggaam sonder sonde wat vir ons gebreek is
  • Hy het die bitter effek van sonde gedra
  • Die vuur van oordeel en heiligheid van God het oor die Lam gegaan
  • Jesus se Bloed aan die deurposte bring vergifnis, lewe en beskerming vir diegene onder dit

 

Om Pasga te vier is om Jesus Christus te vier.

 

As ons moes gekies het wat ons saam met gebraaide lamsvleis sou eet, sou ons nie ongesuurde brood en bitter kruie gekies het nie, maar dis wat die Vader gekies. Dis die dinge wat die Vader besluit het, Sy Seun op die beste manier gaan uitbeeld.

Ongesuurde brood is soms moeilik om te kou. Dis nie so lig en donserig soos brood wat met suurdeeg gebak is nie. Net so is dit soms moeilik om aan die Waarheid te kou en om van die sonde in ons lewe ontslae te raak.

Die bitter kruie dui op Jesus se bitter lyding en saam met dit ook die bitter effek van sonde op die mense vanaf die tyd van die sondeval. Jesus het deur Sy offer die simboliek van die bitter kruie ook vervul. Ons sien hierdeur dat dit nie altyd maklik sal wees om ons kruis op te neem en Jesus te volg nie. Die Skrif sê dat almal wat in Hom godvrugtig wil leef, vervolg sal word (2 Tim 3:12).

As ons kyk na die Bloed van die Lam op die kosyn en deurposte, sien ons dat Jesus ook daar vir ons voorsiening gemaak het. Sy Bloed is tot beskerming en ook tot insluiting. Onthou, hulle mag nie uit die huis gegaan het nie. Tot vandag toe leef ons vanuit daardie plek van beskerming onder die Bloed van die Lam.

Die Bloed van Jesus Christus het vir ons lewe gekoop. As dit nie was vir die Bloed gestort nie, waar sou ons vandag gewees het? Die Bloed was die kommoditeit waarmee ons gekoop is.

 

In Jesus het ons alles

Alles gaan oor Jesus Christus – die begin en einde van alle dinge.

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (Joh 1:4)

Die lammetjie het alles voorsien wat die Israeliete nodig gehad het:

  • Die bloed van die lammetjie het hulle beskerm teen die doodsengel
  • Die vlees van die lammetjie het hulle versterk vir die pad wat voorlê. As dit nie vir die fisiese eet van die lammetjie was nie, sou hulle nie geestelike en fisiese krag gehad het vir die pad wat voor hulle gelê het nie.

Ons lewe is slegs in en deur Jesus Christus. In Hom het ons alles wat ons nodig het.

 

Die drie fasette van die Pasga

Ek wil graag die Pasga bespreek onder die volgende drie opskrifte:

  1. ‘n Jaarlikse genade
  2. ‘n Permanente plek
  3. ‘n Oorgangsmaaltyd

 

‘n Jaarlikse genade

Elke jaar op ‘n bepaalde tyd deur die Vader, is daar ‘n spesiale genade vir ons om Jesus saam te kan vier, maar ook om ons eie geestelike posisie te kan ondersoek. Ek gaan nie nou die belangrikheid van YHVH se vasgestelde tye bespreek nie. (Indien jy dit beter wil verstaan, kliek hier)

En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier. (Eks 12:14)

Die fees van die ongesuurde brode en die pasga gaan hand aan hand. Op dieselfde dag as wat die Pasga geëet word, moet die suurdeeg uit die huise verwyder word. Vir sewe dae na die Pasga, word geen brood met suurdeeg geëet nie. Ons kry in hierdie tyd ‘n spesiale genade om boeke te vat en te kyk hoeveel suurdeeg daar nog in ons lewe is.

Tydens hierdie feestyd kyk ons terug na die kruisdood en offer van Jesus. Omdat ons dit vier uit dankbaarheid, maak ons gebruik van die genadetyd en ons maak skoon. Ons maak seker dat ons steeds gewortel is in Jesus Christus en dat ons op Hom voed. Is Hy nogsteeds die bron van ons krag? Ons beoordeel ons geestelike posisie en kyk waar staan ons.

Dis ook ‘n tydperk waar ons kan terugkyk vanwaar die Here ons uitgehaal het. Terwyl ons die bitter kruie eet, kan ons die effek van ons eie sonde en gebondenheid onthou en dankbaar wees. Ons kyk terug en sien hoeveel ons al gegroei het en dat ons besig is om Sy beeld gelykvormig te raak. Dan sê ons dankie.

Dan vra ons ook vir die Here vir genade wanneer ons nog dinge in ons lewe sien waarvan ons moet vrykom. Ons kan nie die volgende seisoen, die woestyn, ingaan terwyl die dinge van Egipte nog in ons lewe aanwesig is nie. Ons kyk vorentoe na die nuwe geestelike tydperk, ons bely, maak reg, hernu ons gedagtes terwyl ons voed op die Lam.

Soos wat ons vorentoe kyk, moet ons ook die Here vra wat Sy Woord vir ons is vir die nuwe geestelike tydperk. Ons doen dit altyd op 31 Desember vir die nuwe kalenderjaar, maar wat van die geestelike jaar? Hoeveel te meer moet ons die Here se aangesig soek in die maand wat Hy ingestel het as die eerste maand.

Die Pasga-ete moes haastig geëet word, hulle moes aangetrek wees, staf in die hand, gereed om op ‘n oomblik se kennisgewing te beweeg. Hoe lyk ons? Is ons lendende omgord? Het ons ons skoene aan? Is ons gereed vir die nuwe seisoen? Sal ons kan beweeg wanneer die Heilige Gees ons lei, of gaan ons eers rondskarrel en alles bymekaar probeer kry?

Die Here gee vir ons ‘n fisiese tydperk van sewe dae om hierdie ‘boekevat’ te kan doen. Ons neem so maklik ‘n naweek of week af vir rus en ontspanning. Hoeveel keer neem ons ‘n naweek of week en sê hierdie tyd neem ek af om slegs aan die geestelike te spandeer? Ons haal geld uit vir akkommodasie en brandstof na vakansiebestemmings. Het ons al ooit betaal vir ‘n tyd weg en dis net jy en Here; dis die doel van die aftyd? Sit ons tyd uit om te voed op die Lam?

 

‘n Permanente plek

Behalwe dat die Pasga ‘n jaarlikse fees is, is die pasga-ete ook ‘n permanente plek van waaruit ons leef. Die huisie waar ons nie mag uit nie, die Bloed aan die deurposte om ons in te sluit, die sit van die stukkie lamsvleis in die mond, die afbreek van ‘n stuk ongesuurde brood, die bitter kruie op jou tong – dis die permanente fisiese plek. Dis die plek waar ons groei in die karakter van Jesus Christus. Die pasga-ete se verskillende komponente, wat tog maar alles neerkom op: ‘to feast on the Lamb’, maak dit vir ons moontlik. Dan lewe ons uit die gees en nie uit die vlees uit nie. Ons kan nie uit die vlees leef en in ons eie krag en werke probeer om te leef nie.

  • Ons eet die Lam – dit gee ons die voeding wat ons nodig het om deur die gees te lewe
  • Ons eet die Ongesuurde Brood van reinheid en waarheid – ons leef van die Brood van die Lewe wat Jesus is.
  • Ons drink die Bloed van die Lam. Op ‘n daaglikse basis, soos ons dit inneem, ons eie lewens ondersoek, bid ons vir vergifnis, restourasie en verandering.
  • Ons raak ontslae van suurdeeg wanneer ons hand in eie boesem steek, ons sondes bely, ons gedagtes hernuwe en karakterverandering.
  • Ons is vry van slawerny. Die Bloed van die Lam het ons vrygekoop en as die Seun jou vrygekoop het is jy waarlik vry (Joh 8:36). Ons is nie meer in slawerny nie, ons behoort nie meer aan ons ou slawemeester nie – ons is gekoop deur die kosbare Bloed van die Lam. Waarom leef ons dan nog soos slawe? Waarom leef ons dan asof ons nog gebonde is? Waarom lei ons nie ‘n lewe van oorwinning nie? Glo ons dalk nie regtig dat ons vrygekoop is deur die Bloed van Jesus nie? Die Skrif sê: “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.” (Rom 6:11)
  • Die Pasga berei ons ook voor vir die woestyntye wat voorlê. Woestyn is nie noodwendig sleg nie. Ons lees in Hosea 2:13:  “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek”. Die woestyn bring diep intimiteit met die Here. Dit haal ook Egipte uit ons uit. Die Israeliete kon nie dadelik uit Egipte in die beloofte land ingegaan het nie. Egipte en die slawerny mentaliteit moes eers uit hulle gehaal word. Dit het in die woestyn gebeur. Daar het hulle geleer wat daaglikse voorsiening, beskerming en leiding beteken het. Soms is daar ‘n hele generasie van rebellie, slawerny, afgodery en ondankbaarheid in onsself wat eers moet sterf voordat ons ons erfdeel in besit kan neem. Die enigste voorbereiding vir die woestyn is ‘to feast on the Lamb’, om te voed op Jesus Christus.
  • Ons raak aan Sy dood gelykvormig sodat ons kan leef deur Sy opstandingskrag. ‘n Lewe van oorwinning en opstandingskrag is nie moontlik sonder gelykvormingheid aan Sy dood nie.
  • Ons lewe ‘binne die huis’, onder die Bloed vd Lam. Hierdie is die ‘secret place’ van Psalm 91, die plek van intimiteit waar ons lewe in Christus verborge is in God (Kol 3:3). Dis die plek van ‘n lewe agter die sluier.

 

‘n Oorgangsmaaltyd

Stel jouself voor die aand voor die uittog uit Egipte. Die volk het reeds nege plae gesien gebeur en nou hoor hulle al die oudste kinders en diere gaan sterf. Al wat hulle het as beskerming teen hierdie magtige God wat hulle nog nie ken nie, is die bloed van ‘n lammetjie wat hulle aan die deurposte moes smeer. Hulle kon maar net hoop dat die bloed genoeg sou wees om hulle oudste kinders te beskerm. Die familie is aangetrek, staan naby mekaar en eet haastig hierdie ete. Hulle het geen idee gehad wat verder gaan gebeur nie. Nou, as ‘n engel van die dood deur ‘n hele grondgebied trek, glo ek, jy kan die geestelike atmosfeer duidelik voel. Saam met die vrees van die mense, moes dit ‘n baie vreesaanjaende en donker atmosfeer gewees het.

In die tye waarin ons vandag leef, kan ons die gees van misleiding, die antichris gees en die gees van vrees amper tasbaar voel. Die gebeure van daardie eerste pasga-ete, stel ons gerus dat die Bloed van Jesus genoeg is om ons te beskerm. Die voorwaarde bly dieselfde as toe: ons moet binne die huis bly – die plek van intimiteit, onder die Bloed. Die Bloed wat toe genoeg en dis vandag nog genoeg.

“when I see the blood I shall pass over you” (Eks 12:13)

Ons lees dat die Israelieite slawe was vir amper vierhonderd jaar. Dis ‘n bitter lank tyd: pa, oupa, oupagrootjie, so ver terug soos jy kan onthou, was jou voorgeslagte slawe. In vierhonderd jaar kan ‘n nasie ‘n baie sterk slawementaliteit kry. Hierdie mense het nie geweet wat vir hulle voorlê nie. Dit was ‘n nuwe, maar baie onbekende toekoms.

Ek glo, net so, staan ons op die vooraand van ‘n tydperk wat ons ook nie weet wat voorlê nie. Ons kan voel daar is ‘n beweging in die gees, dis amper asof ‘n rots net ‘n stootjie moet kry en alles baie vinnig in beweging gaan kom. Ons weet dat die afgelope twee jaar se pestilensie en die huidige oorlog in Oos-Europa alles deel van die prentjie vorm. Ons weet die verdrukking moet binnekort begin, maar die hoe, wat en wanneer is onbekend vir ons. Die Pasga was ‘n oorgangsmaaltyd; dit was dié belangrikste gebeurtenis tussen Egipte en die woestyn. Ons is nou ook in ‘n oorgangsperiode. Ons moet uit geestelike Egipte uit.  Geestelike Egipte en Babilon verteenwoordig dieselfde wêreldse sisteem. Dit moes ook vir die Israeliete gevoel het asof dinge lank neem, nege plae met nog dae tussen die plae. Ek dink baie van hulle het wonder: ‘kan dinge nie net begin gebeur nie?’ En eweskielik verander dinge oornag en word hulle uit Egipte gejaag. Die feit dat hulle aangetrek moes wees en haastig moes eet, versterk hierdie gedagte van ‘skielik’.

Ons oorgangstydperk werk dieselfde. Ons weet ons staan op die voor-aand vir die laaste dinge om vervul te word. As ons na die Israeliete as voorbeeld kyk, gaan die seisoen dalk ook oornag verander. Na Egipte beweeg ons in ‘n tydperk in waar ons initmiteit, wonderwerke, daaglikse voorsiening en die beskerming van die Here op ‘n baie dieper vlak gaan beleef. Ons hoef nie te vrees nie.

 

Wat is die resep volgens die Skrif om ons te voed vir die tydperk wat voorlê?

Dis om in die verbongenheid (secret place) te voed op die Lam: “To feast on the Lamb”.

Die enigste ding wat ons gaan voorberei en versterk vir alles wat voorlê, is om seker te maak ons is binne die huis, ons voed op die Lam van God, ons deel aan Sy Bloed, ons raak van die suurdeeg ontslae en om aan die bitterheid van Sy dood gelykvormig te raak sodat ons kan leef in Sy opstandingskrag.

 

Pasga fokus ons oë op die Lam.

Die pasga-ete leer ons dat ons die Here kan vertrou. Hy berei ‘n maaltyd vir ons voor wat ons genoeg voeding gaan gee totdat die eerste manna val. Die Here sal ons nooit sonder voorsiening los nie. Pasga fokus ons oë op die Here as ons bron. Dit was nie nodig vir die volk om vooruit te beplan of te dink wat hulle more gaan eet nie. Ons lees dat niks mag oorgebly het nie – die voeding op die Lam was genoeg. Die Here is meer as genoeg vir ons.

 

Gees teenoor vlees

Ons kan nie ons geestelike reis aanpak in die vlees en uit ‘n plek van werke nie. Ons het nodig om deur die Gees te leef. Ons kan niks uit ons self doen nie en ons het geen lewe in onsself nie. Dis slegs deur Jesus Christus dat ons kan lewe, daarom is dit so belangrik dat ons op Hom voed sodat Hy deur ons kan lewe. Ons kan byvoorbeeld nie die vrug van die Gees aanleer nie. Ja, tot op ‘n punt kan ons in eie krag probeer goed wees of geduldig wees, maar wanneer ons deur die Gees leef, skop daar ‘n ander krag in wat deur ons werk.

Joh 15:4-5: Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie

Joh 6:53: En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie

 

Verdere Skrifte:

Kol 2:9-10: Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag

Col 1:27b: Christ in you, the hope of glory

2 Joh 1:9:  Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 

Gal 2:20: Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. 

1 Kor 15:10: But by the [remarkable] grace of God I am what I am, and His grace toward me was not without effect. In fact, I worked harder than all of the apostles, though it was not I, but the grace of God [His unmerited favor and blessing which was] with me. 

1 Joh 5:11-12:  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie. 

 

Voed ons op die Lam?

Joh 4:32,34: Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie. Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.

 

Dis persoonlik

  • Ons elkeen moet ‘n persoonlike verhouding hê met die Seun van God.
  • Slegs Hy kan ons bevredig. Ons kan maar hier gaan proe en daar gaan eet, as ons eers geproe het hoe dit voel om op die Lam te voed, sal niks ons ooit meer kan bevredig behalwe Hy nie.
  • Dis nie goeie werke nie, maar ‘n lewe deur Sy Gees.
  • Om te eet is ‘n doelbewuste, aktiewe aksie – dit gebeur nie vanself nie. Dit neem geestelike dissipline, tyd en moeite om permanent op die Lam te voed.

 

Slotsom

Spr 19:23:  Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring ‘n mens die nag deur, sonder om deur ‘n onheil besoek te word. 

Hierdie versie in Spreuke som die hele boodskap so mooi op: Wanneer ons in die vrees van die Here lewe, met ander woorde deur die Gees van die Vrees van die Here, dan gaan ons outomaties wil voed op die Lam. Dit versadig ons en ons kan deur die nag-tye gaan sonder om deur onheil besoek te word.

css.php