Ons het sopas terug gekeer vanaf ‘n ‘n wonderlike naweek in die Vrystaatse dorpie, Senekal. Ons harte loop oor van dankbaarheid wanneer ons na die gasvryheid en hartlikheid van die liggaam van Christus daar kyk. Ek kan nie help om die vers in Hooglied te onthou nie: ‘n duisend sikkels silwer vir U – my […]
Hooglied in Lydenburg. By Lewende Woord in Oktober 2021. Baie dankie Santa Nel vir die uitnodiging en reëlings.
Een-dag seminaar in Nelspruit, Augustus 2021. Hierdie was ons tweede een-dag seminaar. Alhoewel dit ‘n groot uitdaging is om al die wonderlike skatte van Hooglied in een dag in te pas, is hierdie een-dag seminare ‘n groot seën. Baie dankie Adelé Pretorius vir die uitnodiging en reëlings.
Spade Reën se 2021 vrouekamp in Benoni. April 2021. 120 Vroue – wat ‘n ongelooflike voorreg om die boodskap van Hooglied te kon deel. Hierdie naweek sal seker altyd een van die hoogtepunte in ons lewe bly. Die diepte en erns van die werking van die Heilige Gees was iets wat nie vergeet word […]
12 Junie 2021 – Padkos Café in Ohrigstad Hierdie was ‘n heerlike vrouedag – ons eerste een-dag Hooglied seminaar. Dit was nogal ‘n uitdaging om die alles ingepas te kry. Wat los mens uit? ‘n Naweek is reeds so kort. Ek prys die Here vir Sy leiding en wysheid. Baie dankie aan Alta, Melissa en […]
Die profetiese mark het plaasgevind in November 2022 op ‘n pragtige venue in Witrivier. Die saal was propvol mans en vroue en die groot vensters het uitgekyk op ‘n dam. Sagte misreën het buite geval terwyl ons harte verwarm was deur woord, musiek, kuns, geestelike produkte en lering. […]
Spiritual maturity with the book Song of Songs… In a nutshell, this is what our conferences and seminars are all about. The following Scripture are very close to our heart. It is the purpose that we strive towards – to grow into the image of our Messiah-King. till we all come to the unity of […]
Geestelike volwassenheid met Hooglied – dis in ‘n neutedop waaroor ons seminare en konferensies gaan. Hierdie Skrif is een wat ons baie naby aan die hart lê. Dis ons doelwit en waarna ons streef – om in die beeld van ons Koning-Messias te groei. totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en […]
Hooglied in Upington, die naweek van die 24e en 25e September. Dieselfde naweek as die Fees van Basuingeklank. Dit kon nie meer gepas gewees het nie. Voor elke Hoogliednaweek raak ek stil om te hoor wat op die Vader se hart is vir daardie spesifieke naweek. Ek deel […]
23-24 Julie 2022 Sharalumbi, Lydenburg omgewing Elke Hoogliednaweek is uniek. Al lyk die program dieselfde, is daar iets anders waarop die klem val. Hierdie naweek was spesiaal omdat ons dit in ons eie huis aangebied was. Dis een van die dinge wat so lekker is van hierdie naweke. Dis nie nodig vir ‘n groot venue […]
- 1
- 2