Yolandie Mostert (3 September 2022)
Hierdie is die derde deel van die lering oor die Verbond. Dis belangrik om deur die eerste twee leringe te werk om die konteks te behou. Kliek hier vir Deel 1 en vir Deel 2.
Hoekom praat oor die Verbond?
Ek het reeds in Deel 2 die redes behandel waarop dit so belangrik is vir elke kind van God om die Verbond deeglik te verstaan. Die Verbond vorm die grondslag van dit wat ons glo, hoekom ons dit glo en hoe ons geloof prakties werk. As ons nie die Verbond verstaan nie, kan ons so maklik mislei word. Hiervan kan ek en Louis getuig. Ons sou baie afdraaipaaie gesien het vir wat dit was as ons hierdie belangrike tema verstaan het.
Vinnige hersiening
Ek wil nie te veel herhaal nie en moedig jou daarom sterk aan om Deel 1 en 2 deeglik en biddend deur te werk. Soek self die Skrifte op en maak seker dat dit nie net kopkennis is nie, maar vasslaan in jou hart.
Hier volg ‘n bitter kort opsomming van die Ou Verbond:
Die rede vir die Ou en Nuwe Verbond strek so ver terug as tot die sondeval. Dis die plan wat die Here in plek gesit het om met die sonde-toestand, wat as gevolg van die Adam se oortreding ingekom het, te deel. Die Ou Verbond was die interim plan totdat die finale oplossing sou kom: verlossing deur die Bloed van die Seun van God (Nuwe Verbond).
Die Here het met Abraham ‘n verbond gesluit. Dit was ‘n proses en nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie. Die kontraktekening het in 2 dele plaasgevind. Ons lees van die eerste deel in Gen 15 en 17. Die finale tekening van die kontrak volg in Eks 19 waar die volk die wet kry. Tydens die eerste deel het die Here se kant van ondertekening gebeur (“Ek sal vir julle ‘n God wees”). Toe die volk die wet ontvang het op die berg Sinai, het hulle kant van die ondertekening gebeur(“en julle sal vir My ‘n volk wees”).
Die Bybel leer ons dat die wet van Moses soos ‘n onderwyser was wat die mens opgevoed het totdat hy gereed was vir die finale oplossing. Die doel was nog altyd hartsbesnydenis. Die eerste belofte daarvan is reeds in Deut 30 opgeskryf.
Geloof
In Deel 2 het ons gesien hoe geloof nog altyd die kwalifiserende faktor was. Lank voor die verbondsnyding en die wet, was die belofte was die Here aan Abraham gemaak het, reeds in plek. Dis daardie belofte was Abraham geglo het en wat hom tot geregtigheid gereken was. Geloof in die Here was nog altyd die sleutel, nie wetsonderhouding nie. Die onderhouding van die wet was die werke wat uit geloof gespruit het – dis die doen-dinge wat volg omdat die mens glo. Met ander woorde, gehoorsaamheid aan die Here se instruksies uit liefde en geloof. Die doen-dinge kan nie regverdig nie. Slegs geloof kan. Die volgorde is belangrik. Eers geloof, dan werke. Alles uit liefde.
Liefde
Jesus het ons geleer dat die hele wet en die profete aan die eerste twee gebooie hang (om die Here en ons naaste lief te hê). Ons kan liefde vergelyk as die kapstok wat reeds teen die muur moet wees. As die kapstok nie daar is nie, is daar nie plek vir die wet om aan te hang nie. Wanneer mense probeer reëls volg om geregtigheid by God te verkry, is dit soos om ‘n baadjie teen die muur te probeer ophang, maar daar is nie ‘n haak teen die muur nie. Die baadjie gaan val.
Bloedverbonde
Bybelse verbonde word gesluit (gesny) met bloed, sout en vuur. Wanneer ‘n kontrak met bloed gesluit word, verteenwoordig dit die sterkste tipe kontrak wat kan bestaan. Die rede hiervoor is dat die lewe van ‘n mens of ‘n dier in sy bloed is. Die persoon is dus met hulle lewe in die kontrak. Slegs die dood kan so ‘n kontrak ongeldig maak.
However, you are not to eat meat with its life—that is, its blood—in it! (Gen 9:4-6 AMP)
Only be sure to refrain from eating blood, because blood is the source of life and you must not consume blood with the meat. (Deut 12:23-24 AMP)
“You shall not eat anything that dies on its own. (Deut 14:21) . Die rede hiervoor is omdat so ‘n dier nie uitgebloei het nie.
‘Any man from the house of Israel, or any stranger living temporarily among you, who eats any blood, against that person I shall set My face and I will cut him off from his people [excluding him from the atonement made for them]. For the life of the flesh is in the blood, and I have given it to you on the altar to make atonement for your souls; for it is the blood that makes atonement, by reason of the life [which it represents].'(Lev 17:10-11 AMP)
Die enigste bloedverbond wat ons mag hê, is ons verbond met YHVH, deur die Bloed van Sy Seun, Jesus Christus. Wanneer die mens bloed inneem (eet, drink, seksuele omgang buite verbond, okkulte, afgodery ens.), sluit die mens ‘n verbond met ‘n ander mens, dier of met Satan. Omdat bloedverbonde geldig is vir solank as die mens leef, is slegs dood ‘n manier om uit so ‘n kontrak te kom. Genadiglik het die Here ook daarvoor vir ons voorsiening gemaak. Na ons wedergeboorte, volg ons begrafnis – die doop. Dis hoekom die gelowige doop so uiters belangrik is en ook hoekom daar soveel weerstand teen dit is. Gaan lees Romeine 6 in hierdie verband.
Voorbeelde van Bybelse bloedverbonde
God met die mens
- Noag, reënboog as teken (Gen 8:20-22)
- Abram, diere wat verdeel is (Gen 15:9-21)
- Abraham, teken van besnydenis (Gen 17:1-15)
- Die volk Israel, berg Sinai (Eks 24:5-8)
Die mens met God
- Koning Asa, terugkeer na die Here (2 Kron 15:12)
- Koning Josia, terugkeer na die Here (1 Kron 34:31-32)
Soutverbonde
Hierdie tipe verbond vorm nie deel van ons onderwerp nie, maar die Bybel leer ook van soutverbonde.
Lev 2:13 En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.
Ook Num 18:19 – ewige soutverbond
Vergifnis
Dis soms moeilik vir ons om die rol van bloed te verstaan. Ons gril maklik en vermy bloed sover moonlik. Tog is bloed die manier hoe die Vader dit bestem het om sondes te bedek en te vergewe. Ons moet regtig vir die Heilige Gees vra om die rol van die Bloed van die Lam in die geestelike realm vir ons oop te breek.
Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. (Heb 9:22b)
En die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. (1 Joh 1:7b)
Tekens van die Verbond
In beide die Ou en die Nuwe Verbond is die temas van BLOED en BESNYDENIS op die voorgrond.
Ou Verbond:
Joodse seuntjies was ingesluit in die Verbond op die agtste dag wanneer hulle besny was. Joodse dogtertjies was eers ingesluit tydens huweliksdaad. Die teken van insluiting in die verbond was die fisiese besnydenis. Beide die seuntjies en dogtertjies het gebloei tydens die insluiting in die verbond.
Julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en julle. (Gen 17:11)
Die bloed van diere wat gesprinkel was, was tot heiligheid. Dit het tydelik die mense se sondes bedek sodat hulle voor ‘n heilige God kon staan en nie verteer word deur Sy heiligheid nie. Die bloed van hierdie diere kon nie die sondes permanent wegneem nie (Heb 10:4).
Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie; want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. (Heb 9:18-20)
Nuwe Verbond:
Die mens word ingesluit in die Nuwe Verbond tydens wedergeboorte. Dan vind hartsbesnydenis plaas – die Here skryf Sy instruksies op ons binneste. Die teken dat ons ingesluit is, of op ‘n ander manier gestel, gered is, is as ons sy instruksies (gebooie) bewaar. Dis die vrug wat wys dat sy instruksies op ons hart geskryf is en dat ons dit lees en daarvolgens leef. Hierdie is ‘n sleutelkonsep. Daar is ‘n vals doktriene daarbuite wat leer dat elke persoon wat iewers in hulle lewe ‘n gebedjie agter iemand anders aangesê het, gered is. Dis nie wat die Skrif leer nie. Daar moet vrug wees – ‘n veranderde lewe.
En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. (1 Joh 2:3)
Jesus kondig self aan dat Sy eie bloed die bloed van die Nuwe Verbond is. Dis nie net tot bedekking van sondes nie, maar tot vergifnis.
Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. (Matt 26:28)
Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. (1 Kor 11:25-26)
Jesus se Bloed
Ek wonder of ons ooit ‘n volle begrip sal hê van die krag wat daar is in die Bloed van die Lam. Dis die sterktste, kragtigste element in die heelal. Dis die enigste ding wat volledige vergifnis kan bewerk. Dis die enigste manier hoe ons geheilig kan word om voor die Vader te mag verskyn. Ons praat baie keer so lighartig van die Bloed van Jesus. Ek bewonder my altyd aan Petrus se verduideliking van Jesus se Bloed: die kosbare bloed. In Engels, the priceless blood. Dis iemand wat verstaan het, dat ons niks anders het om op te roem as net die Bloed van Jesus nie. Net die Bloed.
but [you were actually purchased] with precious blood, like that of a [sacrificial] lamb unblemished and spotless, the priceless blood of Christ. (1 Pet 1:19)
and to Jesus, the Mediator of a new covenant [uniting God and man], and to the sprinkled blood, which speaks [of mercy], a better and nobler and more gracious message than the blood of Abel [which cried out for vengeance]. (Heb 12:24)
Die Nuwe Verbond is nie goedkoop nie
Hierdie Skrifgedeelte spreek vir homself, dis amper nie nodig om ‘n verdere verduideliking te gee nie. Ek wil net dit sê: die Here se genade en verlossingsplan vir die mens is nie goedkoop nie. Die prys was die kosbare Bloed van die Seun van God. Paulus sê dit baie reguit. Die Torah was streng en dit was maar bloed van diere. Hoeveel strenger is die Nuwe Verbond waar die bloed van Jesus ter sprake is. Ons kan nie op twee paaie loop nie. Dis of met alles wat ons het in of uit. Daar is niks tussenin nie. Anders maak ons onsself skuldig daaraan om die Bloed van die Nuwe Verbond te minag en die Gees van genade te beledig.
For if we choose to go on sinning after we have learned the full truth, there no longer remains a sacrifice for sins, but only a terrifying prospect of judgment and a raging fire that will consume the enemies of God. Anyone who violates the Law of Moses dies without mercy “on the testimony of two or three witnesses.” How much more severe a punishment do you think that person deserves who tramples on God’s Son, treats as common the blood of the covenant by which it was sanctified, and insults the Spirit of grace? (Heb 10:26-29)
Is die wet van Moses op ons van toepassing?
Ons het in Deel 2 gesien hoe Jesus self vir ons geleer het dat die instruksies wat op die kliptafels geskryf is, nie dieselfde is as dit wat op ons hartstafels geskryf is nie. Onthou die gedeelte in Mattheus 5 waar Jesus ses voorbeelde gegee het: “maar Ek sê vir julle…”?
Voordat ons hierdie vraag kan beantwoord, moet ons eers Handelinge 15 behandel. Die gemeentes onder die heidene (bekeerde nie-Jode) het met dieselfde vraag gestoei en daar was ‘n apostoliese raadsvergadering waar hierdie vraagstuk bespreek was. Ons mis maklik die antwoord tot die vraagstuk omdat ons nie altyd die impak van bloed op verbonde verstaan nie. Dis hoekom ons eers die hele bespreking oor bloed gehad het.
Die vergadering van Handelinge 15
Voordat jy verder lees, blaai na Handelinge 15 en lees van vers 1 tot vers 35.
Die oploop na die gebeurtenisse:
Paulus en Barnabas was aan die arbeid onder die gelowiges uit die heidene in Antiochië. Daar daag toe ‘n klompie gelowiges op uit Judea wat redding deur middel van besnydenis verkondig. Hierdie mense was Jode wat nie lekker die volgorde van redding verstaan het nie. Hulle was onder die indruk dat hulle redding en regverdigmaking deur hulle werke en onderhouding van die wet van Moses gekom het. Hulle was godsdienstige mense. Die ding met godsdienstige mense is dat hulle altyd hulle onderhouding van reëls op ander wil afdwing.
Nietemin, hulle het verwarring gesaai onder die heidense gelowiges. Paulus en Barnabus het die beginsels van die Nuwe Verbond verduidelik en daar het ‘n sterk woordewisseling ontstaan. Hierdie klomp, saam met Paulus en Barnabas het toe besluit op Jerusalem toe te gaan sodat hierdie vraagstuk uitgesorteer kan word. So gesê, so gedaan.
Die vergadering:
In Jerusalem word daar toe ‘n vergadering geroep wat bestaan het uit die apostels die ouderlinge. Daar was argumente heen en weer. Petrus staan toe op en lewer sy getuienis (die huisgesin van Cornelius). Wat interessant is, is dat die doping in die Heilige Gees die faktor was wat Petrus oortuig het van hulle redding (vers 8-9).
Paulus en Barnabus het ook ‘n geleentheid gekry om hulle getuienisse te deel. Heel laaste het Jakobus toe opgestaan. Dis amper asof mens kan beleef hoe die Heilige Gees deur hom gepraat het en klaring oor die saak gegee het. Hy gee die uitspraak in verse 19 to 21.
Die uitspraak:
Daar word vier dinge gelys waarvan die heidense bekeerlinge hulle moet onthou:
- Dinge wat deur afgode besoedel is
- Hoerery
- Diere wat verwurg is
- Die inneem van bloed
Op die oog af is dit ‘n lys van dinge wat nie verband hou met mekaar nie. Maar wanneer ons elkeen van hierdie dinge van naderby beskou, raak dit duidelik dat oortredinge in hierdie verband die oprig van ‘n bloedverbond behels. Jakobus voeg ook by dat hierdie heidense bekeerlinge in elk geval lering ontvang wanneer die Torah elke Sabbat voorgelees word.
Deur ‘n afgod besoedel
Afgodediens in daardie tyd het amper altyd met die storting van bloed gepaard gegaan. ‘n Dier was geslag en dele daarvan was aan Romeinse of Griekse gode geoffer. Daarna kon die res van die vleis geëet geword het. Daar is ‘n artikel op ‘learnreligions’ se webwerf waar daar beweer word dat dit normaal was vir Grieke om slegs vleis te eet na rituele offers. Dit gee vir ons beter konteks wanneer ons 1 Kor 8:1-13 en 10:23 lees rakende vleis in die slaghuis en aan afgode geoffer.
Die persone betrokke by hierdie rituele offers het sonder dat hulle dit besef het ‘n verbond gesluit met die gode aan wie die bloederige offers gemaak was.
Hoerery
Seksuele omgang lei altyd tot ‘n geestelike verbond wat gesluit word. Binne huwelik is dit in God se orde want dit val binne die huweliksverbond. Buite die huwelik word ‘n ongoddelike verbond gesluit met die ander persoon.
Heidense afgodediens het ook altyd met prostitusie gepaard gegaan. Dit was ‘n manier om afgode te verheerlik.
Diere wat verwurg is
Volgens die Bybelse manier, kan ons aflei dat diere uitgebloei word tydens slagting. Dis die manier waarop die Jode ook vandag diere slag. Wanneer ‘n dier verwurg word, bou daar drukking op wat veroorsaak dat die bloed in die weefsel beland. So ‘n dier kan dan nie uitgebloei word nie aangesien daar nie meer veel bloed in die are oor is nie.
Die inname van bloed
Hierdie punt spreek vanself in die lig van wat ons reeds bo bespreek het.
So watter gebooie moet ons onderhou?
Die vier dinge
Vanuit die uitspraak gemaak in Handelinge 15, word slegs daardie vier dinge uitgesluit. Beteken dit dan dat ons kan lewe soos ons wil solank ons net nie bloedverbonde sluit nie? Nee, verseker nie. Paulus maak dit baie duidelik regdeur al sy sendbriewe.
Liefde
Heel eerste, moet ons seker maak dat die haak teen die muur in plek is sodat daar ‘n plek is vir ons doen-dinge om te hang. Ons moet groei in volmaakte liefde vir die Here en vir ons naaste. As ons in liefde wandel, dan het ons reeds die wet vervul.
Die wet van die Gees van die lewe
Die wet van die Gees van die lewe is op die tafels van ons harte geskryf tydens hartsbesnydenis. Wanneer ons deur die Gees lewe, lees en interpreteer die Heilige Gees self vir ons die wet. Ons volg dan in gehoorsaamheid.
Die wet wat op ons harte geskryf is, is eintlik baie fyner as die wette op klip. Dit deel met die motief van ons hart. Die wet op klip geskryf leer dat die mens nie mag egbreuk pleeg nie. Die wet van die Gees van die lewe, deel met die gees van die wet. Dit kyk dieper en Jesus sê dat iemand wat in sy gedagtes begeer, het reeds egbreuk gepleeg.
Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (Rom 8:1-2)
Hierdie Skrif word baie keer kort aangehaal – net die eerste gedeelte. Maar wat sê dit eintlik hier: slegs vir diegene wat deur die Heilige Gees gelei word, is daar geen veroordeling nie. Hoekom nie? Omdat al die doen-dinge spruit vanuit die leiding van die Heilige Gees.
Onder die ‘genade’?
Hierdie is nogals ‘n bekende argument: “ons is nie onder die wet nie, ons is onder die genade”. Dit word amper as ‘n vrypas gebruik om te leef soos wat hulle wil. Kom ons lees wat sê Paulus in hiredie verband:
Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? (Rom 6:14-16)
Onder die genade, word daar ook van ons verwag om gehoorsaam te wees aan die instruksies van die Heilige Gees. Die probleem is dat die meeste nie die stem van die Heilige Gees ken nie. Hoe kan hulle dan weet wat op hulle harte geskryf staan?
Die kosbare Bloed van die Lam is nie gestort sodat ons ‘n lewe buite God se heiligheid en orde kan leef nie. Ons geloof word bewys deur gehoorsaamheid aan die Here se verordeninge.
Ware genade
Wanneer ons werklik ‘n besef kry van die Here se heiligheid, besef ons dat die blote feit dat ons met vrymoedigheid onder die Bloed van die Lam tot Hom kan nader, is die grootste genade wat ‘n mens ooit kan ontvang. Dis wat dit beteken om onder die genade te wees. Om te weet dat daar niks goeds in jouself is wat tot jou geregtigheid kan tel nie. Dis om slegs te kan roem in die Bloed van die Lam.
Hierdie besef bring soveel waardering en aanbidding in ons harte, dat ons nie anders kan as om gehoorsaam te wil wees nie. Die volgorde is dan reg, eerste geloof, dan liefde vir die Here en vir ons naaste, daarna volg ons werke (gehoorsaamheid aan instruksies).
Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. (Heb 10:19)
Volgende deel
In Deel 4 gaan ons in diepte kyk na die Wet van die Gees van die lewe. Hoe om deur die Gees te lewe. Hoe werk die onderhouding van die wet wat op ons hart geskryf staan.
Afsluiting
Ek seën jou met die volgende Skrifgedeelte:
Now may the God of peace [the source of serenity and spiritual well-being] who brought up from the dead our Lord Jesus, the great Shepherd of the sheep, through the blood that sealed and ratified the eternal covenant, equip you with every good thing to carry out His will and strengthen you [making you complete and perfect as you ought to be], accomplishing in us that which is pleasing in His sight, through Jesus Christ, to whom be the glory forever and ever. Amen. (Heb 13:20-21)